Kapteine McKelly en Mhlanga ontmoet op die misdaadtoneel van ân mislukte plaasaanval in Muldersdrift. Nog ân lyk met ân gapende linkeroogkas word gevind. Dit bring die getal slagoffers wat vanaf Februarie in die Gauteng-area met dieselfde modus operandi vermoor is op ses te staan.Die wet van Gauteng het ân eg verweefde Suid-Afrikaanse intrige: politieke faksiegevegte, korrupsie en geldwassery. Hoogs leesbaar, aksiebelaaid en meesleurend.Â