Inhoudsopgave:
Hertzogprys vir Prosa (1973) \n WA Hofmeyr-prys (1974)\n\n Nege jaar lank het Delport vir hom weggekruip. Maar toe, een laatmiddag in Caipemba, het Malia Domingo opgedaag. Vir Delport was sy ân vreemdeling en hy wou haar afgeskud kry, maar sy het iets van Ritter met haar saamgebring â sy gesig, in die vorm van ân masker. Of was dit nie regtig Ritter se gesig nie? \nRondom die vae herinneringe van ân moord het Chris Barnard ân roman gebou â ân roman wat sy vertrekpunt het in die soort situasie wat gewoonlik by ân populêre spanningsverhaal tuishoort. Maar die wyse waarop hy hierdie situasie hanteer en benut, laat dit ontplooi tot veel méér: dit word ân speurtog na die hoe en die waarom van die syn. |