Oplaas weer ân kortverhaalbundel (van sowat vyftien verhale) deur die veelsydige en bekroonde skrywer, Jeanne Goosen. Plante kan praat beskryf opnuut die gryse voorstedelikheid van Parow in verhale soos \"Spokie Snygans maak sy buiging\" en \"Lemoenboom\", maar tegelykertyd roep Goosen ook ân ander wêreld op: waar dooie siele met mekaar kommunikeer, waar Lubbert Das tuinier word vir ân hertogin, en plante - nes woorde en musiek - uiteindelik al balsem vir die droefheid en ontgogeling van ons bestaan is